Stonehenge

Stonehenge, Avebury en bybehorende terreine*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Stonehenge in 2007.
Ligging van Stonehenge op 'n kaart (Engeland)
Stonehenge
Stonehenge
Koördinate: 51°10′43.84″N 1°49′34.28″W / 51.1788444°N 1.8261889°W / 51.1788444; -1.8261889
Lande Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Tipe Kultureel
Kriteria i, ii, iii
Verwysings 373
Streek Europa
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1986  (10de Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Stonehenge is ’n prehistoriese monument in Wiltshire, Engeland, sowat 13 km noord van Salisbury. Dit is die ruïnes van ’n kring regopstaande klippe (menhirs) in ’n kompleks van monumente uit die Nuwe Steentydperk en Bronstydperk wat verskeie grafheuwels insluit.[1]

Argeoloë glo dit is tussen omstreeks 3000 en 2000 v.C. opgerig. Volgens radiokoolstofdatering in 2008 kon die eerste klippe tussen 2400 en 2200 v.C. opgerig gewees het,[2] terwyl nog ’n teorie bestaan dat blouklippe reeds in omstreeks 3000 v.C. opgerig is.[3][4][5]

Stonehenge is een van die beroemdste prehistoriese monumente ter wêreld. Die omringende ronde aardwal en sloot, wat die eerste boufase van die monument was, word gedateer op omstreeks 3100 v.C. Stonehenge, Avebury en die omgewing is in 1986 by Unesco se lys Wêrelderfenisgebiede gevoeg. Dit word deur die Britse regering beskerm en behoort aan die Kroon. Die omliggende terrein behoort aan die National Trust.[6][7]

Argeologiese bewyse is in 2008 gevind wat daarop dui dat Stonehenge van sy ontstaan af ’n begraafplaas kon gewees het.[8] Die datering van veraste oorblyfsels wat op die terrein gevind is, dui daarop dat dit menslike bene kan bevat van reeds omstreeks 3000 v.C., toe die sloot en wal geskep is. Dit is minstens 500 jaar lank vir dié doel gebruik.[9]

Die naam Stonehenge beteken waarskynlik "hangende klippe".[10]

  1. Christopher Young, Amanda Chadburn, Isabelle Bedu (Julie 2008). "Stonehenge World Heritage Site Management Plan". UNESCO: 18.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  2. Morgan, James; Darvill, Tim; Wainwright, Geoff (21 September 2008). "Dig pinpoints Stonehenge origins" (in Engels). BBC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2020. Besoek op 22 September 2008.
  3. Kennedy, Maev (9 Maart 2013). "Stonehenge may have been burial site for Stone Age elite, say archaeologists". The Guardian (in Engels). Londen: © 2013 Guardian News and Media Limited. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2013. Besoek op 11 Maart 2013.
  4. Legge, James (9 Maart 2012). "Stonehenge: new study suggests landmark started life as a graveyard for the 'prehistoric elite'". The Independent (in Engels). Londen. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2019. Besoek op 11 Maart 2013.
  5. "Stonehenge builders travelled from far, say researchers". BBC News (in Engels). 9 Maart 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2019. Besoek op 11 Maart 2013.
  6. "How did Stonehenge come into the care of English Heritage?". FAQs on Stonehenge (in Engels). English Heritage. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2019. Besoek op 17 Desember 2007.
  7. "Ancient ceremonial landscape of great archaeological and wildlife interest". Stonehenge Landscape (in Engels). National Trust for Places of Historic Interest or Natural Beauty. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2019. Besoek op 17 Desember 2007.
  8. Pitts, Mike (8 Augustus 2008). "Stonehenge: one of our largest excavations draws to a close". British Archaeology. York, England: Council for British Archaeology (102): 13. ISSN 1357-4442.
  9. Schmid, Randolph E. (29 Mei 2008). "Study: Stonehenge was a burial site for centuries" (in Engels). Associated Press. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Junie 2008. Besoek op 29 Mei 2008.
  10. "Stonehenge; henge2". Oxford English Dictionary (2 uitg.). Oxford, England: Oxford University Press. 1989.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search